Rebecca - Die bruid
Abram het sy troue kneg na verre land gestuur
Slawe en kamele en met veel geskenke duur;
Om vir Izak, offerseun, 'n bruid daar te gaan haal,
Een vanuit sy eie volk en van sy eie taal.
Eliezer, kneg getrou, het by 'n put gewag
Tot 'n jong vrou daar kom skep, so het hy haar betrag
En besluit om haar te vra om tog 'n teug te drink.
Sy’t gegee en verder nog die brinkbak volgeskink.
Hy het haar gegee 'n ring en goue armband,
Ook het hy verneem haar naam en haar familiestand.
Sy, Rebecca, is die dogter van sy heer se broer,
Daarvoor het hy God gedank en was sy siel ontroer.
By haar tuis bekendgemaak sy heer se hartebee
Om 'n vrou vir Izak van sy eie volk te gee.
Sal die jong vrou as die bruid dan met hom samega’
Sonder aarseling of klag was haar besluit van ja.
Izak het so sou ek dink elk middag uitgegaan
Te gaan kyk of hy kan sien die koms van karavaan.
Vele dae reeds is Abrams kneg al heen gereis
Om na Mespotam te gaan bruid vir hom te eis.
As hy dan die pad betrag in late middaguur
Wonder hy of is sy mooi van aansien en postuur.
Hoe 'n vrou sal sy ook wees hier in die vreemde land
Waar het Abram heengekom die Godbeloofde land.
So het dit dan ook gebeur op late middaguur,
Hy die karavaan gewaar terwyl hy daarvoor tuur,
Toe hy in die veld gaan loop om op haar koms te wag,
Sy, Rebecca, het hom ook van verre af betrag.
Wyl sy van haar rydier klim het liefde in haar ontwaak,
Hy het haar in tent gelei en haar sy vrou gemaak.
So is uit hul nageslag die hele aard geseën
Deur die groot versoeningskrag wat Jesus bloed verleen.
So het God die Gees gestuur, Sy Seun se bruid te gaar
Al die bloedgewastes vanuit heel die volkeskaar.
Elkeen wie het Christus in sy lewe aangeneem
Al die Gees geheiligdes so sonder sondesweem,
Vergesel die Heilig Gees die Godseun tegemoet.
As die tyd dan aangebreek het om Sy bruid te groet
Wat 'n wonderlike dag vir kinders van die Heer
Wanneer hulle saam met Hom vir ewig sal verkeer.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 1 Septebmer 1981